Gesprek op date nommer twee.

Imke "Ons kan mos net vriende wees vir eers"


Miggie "Ek het genoeg vriende"



Wednesday, May 19, 2010

Waar om te trou???














Trouvenue...


Op hierdie stadium het ons 'n pragtige kerkie op 'n klein dorpie genaamd Genadendal ontdek, wel...kerkie is eintlik die verkeerde woord, want dis een van die min kerke waar al 200 van julle gaan inpas!


Dis 'n Morawiese kerk! In albei sinne van die woord!


Verder is ons onthaal-venue nog omgedolwe, maar die koeie is darm al daar. Ons hoop net dat die mooie plaas 'The Oaks' betyds sal klaar wees vir wat ons beplan...anders gaan ons sommer so tussen die koeie moet makietie hou!



Miggie en Imke wil net graag hierdie spasie gebruik om vir Salome te bedank vir die naweek wat sy ons aan Greyton voorgestel het. Dit is ook hierdie naweek wat ons verlief geraak het op die dorpie, sy berge, besonderse blou lug, saterdag-markie, mense elk met 'n hond, en natuurlik my gunsteling, sy koeie....

2 comments:

  1. dis net 'n plesier!!sjoe, ek hoop die venue werk perfek uit!Vragie: was daar blou lug daai naweek? :) lief vir julle!!

    ReplyDelete
  2. Nee, maar daar was blou lug hierdie naweek!

    ReplyDelete