Gesprek op date nommer twee.

Imke "Ons kan mos net vriende wees vir eers"


Miggie "Ek het genoeg vriende"



Tuesday, May 25, 2010

Datum DATUM datum DaTuM


25 JUNIE 2011 - is D dag


Ons het uiteindelik op troudatum besluit!!! So Save the date...

Jipeeeeeee...Vandag, oor 'n maand, Oor 'n jaar...

Wednesday, May 19, 2010

Waar om te trou???














Trouvenue...


Op hierdie stadium het ons 'n pragtige kerkie op 'n klein dorpie genaamd Genadendal ontdek, wel...kerkie is eintlik die verkeerde woord, want dis een van die min kerke waar al 200 van julle gaan inpas!


Dis 'n Morawiese kerk! In albei sinne van die woord!


Verder is ons onthaal-venue nog omgedolwe, maar die koeie is darm al daar. Ons hoop net dat die mooie plaas 'The Oaks' betyds sal klaar wees vir wat ons beplan...anders gaan ons sommer so tussen die koeie moet makietie hou!



Miggie en Imke wil net graag hierdie spasie gebruik om vir Salome te bedank vir die naweek wat sy ons aan Greyton voorgestel het. Dit is ook hierdie naweek wat ons verlief geraak het op die dorpie, sy berge, besonderse blou lug, saterdag-markie, mense elk met 'n hond, en natuurlik my gunsteling, sy koeie....

Tuesday, May 18, 2010


Waar pas Wilson en Izzie in hierdie troue in???



Miggie en Imke gaan TROU!




Jip, dis hoe dit is. Ons Trou, en ons maak 'n HUGE deal daarvan, so nou het ons TOT 'n BLOG! Daar word nou al vir 4 weke fees gevier en ons weet nie hoe ons dit gaan uithou tot volgende jaar met al hierdie opwinding nie.


Sodra ons op 'n datum besluit het sal ons dit hier bekendmaak, tot dan sal ons julle bietjie vermaak met interessante brokkies inligting, fotos en allerlei ander dinge sodat julle saam met ons die dae kan aftel tot ons groot dag...


Let the games begin.